
Koester jou kind se volle potensiaal.
Lees help kinders om hul wêreld te interpreteer. Wanneer kinders goeie voorkennis het, is dit vir hulle makliker om probleme op te los en nuwe dinge aan te leer.
Lees help kinders om taalvaardighede op te bou en om met ander te kommunikeer. Lees ontwikkel ook empatie en 'n emosionele bewustheid by kinders.
‘n Holistiese leerervaring
Leergierig is 'n remediërende leer- en leessentrum, waar u kind individueel ondersteun word om tot sy/haar volle potensiaal te presteer.
By Leergierig fokus ons op kinders se holistiese ontwikkeling.
U kind word bemagtig om uitdagende leerkonsepte te bemeester en beter te presteer op skool.
Simoné du Preez
Simoné du Preez het haar HONS graad in remediëring en leerondersteuning. Sy het n passie vir die holistiese ontwikkeling en welstand van kinders.
By Leergierig word kinders ondersteun in die verskeie leeruitdagings wat hulle mag teëkom gedurende hulle skoolloopbaan. Uitdagende leerkonsepte in vakke soos Afrikaans, Engels en Wiskunde word herverduidelik en daar word klem geplaas op kinders se lees- skryf en spelvaardighede.
Kinders het die geleentheid om in ‘n veilige leeromgewing vrae te vra, foute te maak en weer te probeer. Simoné is oortuig dat leer nie ‘n eenmalige produk is nie, maar eerder ‘n aanhoudende proses van ontdekking.

Kontak
Kontak gerus met enige navrae!
Epos
info@leergierig.co.za
Telefoon
083 395 9774